Hartswysheid en Kopkennis
Vir Vriende
Deur Dr Barbara Louw en Ds Wynand Louw

Hartswysheid en kopkennis is soms so ver van mekaar verwyderd as die ooste van die weste. Tog moet ons op die ingewing van die oomblik talle besluite maak wat elke deel van ons verhoudinge en omstandighede beïnvloed. Met die uitdagings ingedagte stel ek graag Hartswysheid en kopkennis vir vriende aan jou bekend.

Hartswysheid en kopkennis vir vriende is ‘n uitdrukking van die liefdeswerk wat Wynand en Barbara Louw oor meer as drie dekades in die bediening geleer en beleef het. Hierdie boek is sterk gewortel in die Woord van die Here en is bedoel vir vriende, familie en kollegas wat waarde sal vind in praktiese wenke oor hoe om ander te bemoedig en aan te moedig. 

Dit is ‘n boek vir ons mense wat deur die grootste veranderinge in die geskiedenis van Suid-Afrika se geskiedenis leef. Gedurende die periode het Wynand en Barbara saam bedien en afsonderlikke mylpale behaal en voortdurend belê in die welstand van ons mense. Hierdie twee baanbrekers leef wat hulle spreek.

Hartswysheid en kopkennis vir vriende is ‘n persoonlike boek om iemand deur die moeilike dele van hul lewensreis te help. Dit is ‘n klein gids vir selfverrykking en groei. In die boek is daar leiding om moeilike dinge soos ‘deernisvermoeidheid’ en ‘bedrieërsindroom’ te hanteer, sodat jy kan heel word. Selfhelpvoorstelle, ‘n welstandsmodel en –vraelys, sowel as ‘n kontrak om die lewe te vier sal jou dadelik ‘n hupstoot gee na ‘n hoopvolle 2021.

Ds Wynand Louw is die voorsitter van Inter Trauma Nexus NPC en Kailo Instituut NPC. Sy ondervinding in die sakewerêld en leierskap in familieberading balanseer kopkennis en bestuursaangeleenthede.

Dr Barbara Louw is op haar beurt ‘n kundige op verskillende gebiede soos trauma, berading en welstand. Deur die jare het sy toegewyd gewerk om mense te help om trauma agter die rug te kry en om heel te word.

Videos oor ander boeke deur Dr Barbara Louw

ISBN 978-1-776260-79-9

R250.00 Aflewering Uitgesluit

  

Kyk gerus ‘n Kort video hier

 

.

We use cookies on our website. Some of them are essential for the operation of the site, while others help us to improve this site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether you want to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the functionalities of the site.