Trauma agter die rug Front

Trauma Agter die rug.

Ai, die vreugde vure brand hoop oor die boek. Daar is min hulpbronne in Afrikaans was so toepaslik is vir die tyd waarin ons leef. Die Afrikaanse boek is 'n ware hartsaak vir die twee Dominees. Die pragtige Namakwalandse Daisies herinner aan die Weskus, waar Wyand groot geword het.

Hierdie boek gee vir jou praktiese riglyne om jou te help om aan te beweeg met jou lewe na trauma.

Hierin sal jy riglyne vind oor hoe om die warboel van emosies wat jy ervaar te verstaan en te hanteer. Daar is ook inligting oor verwarrende reaksies op trauma en die vrae wat jy dalk het oor geloof en geestelikheid.

Praktiese hulp, aanwysings en wenke is volop in die boek tevinde en dit sal jou bystaan in hierdie proses van genesing, heel word en vergifnis.‘n Unieke deel van hierdie boek is die afdeling oor die finansiële impak van trauma en hoe ‘n mens daarna herstel. Die hoofstuk word aangevul deur hulpbronne wat gratis van Aquilla Adviseurs se webwerf afgelaai kan word.

Die idees en konsepte in hierdie boek word al vir meer as 25 jaar getoets en ons maak gebruik van die tydlose Bybelse boodskap van hoop.

ISBN 978-1-91754-94-9

 

R200.00 Aflewering Uitgesluit

Kort video oorsig oor Trauma Agter die rug

Ander boeke deur Dr Barbara Louw

We use cookies on our website. Some of them are essential for the operation of the site, while others help us to improve this site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether you want to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the functionalities of the site.